"Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” Johannes 13:34-35 (Die Bybel 1983 Vertaling)
Eredienste en Begrafnisse kan lewendig gestroom word op Youtube by die volgende skakel:
https://www.youtube.com/channel/UCPr8oAJqzKcwTjUdJUGzl-w
Bybelstudies:
Woensdag om 09h30 by dr. Elsa Balt
Woensdag om 10h00 by die SAVF tehuis Hendrina deur leraars van die gemeenskap (nie tydens die inperking nie)
Die eerste kerkgebou is op 1 Februarie 1918 ingewy om 15h00 en het bekendgestaan as die Noodkerk. Die gebou is ontwerp deur die Argitek W Kool van Nederland. Op die 13de Junie 1917 word die hoeksteen gelê. 24 jaar later word die gebou vervang met die nuwe kerkgebou wat G Geers ontwerp is en tot vandag dien as Kerkgebou. Die oukerk word jare later in 1962 omskep in 'n Kerksaal en die pragtige gebou word oorgetrek met siersteen en die katedraalagtige houtvensters en nisse word vervang met vierkantige staalrame. (Inligting uit die Eeufeesbundel "As die vlaktes verlate raak")
“ ‘Mag die HERE jou seën en jou beskerm. Mag die HERE sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees.
Mag die HERE sy gesig na jou toe lig en aan jou vrede gee.’ ”
Numeri 6:24-27 (Bybel direktevertaling)