Hendrina is geleë op die Hoëveld van Mpumalanga en ons gebied word geken aan ons landbou en mynboubedrywighede. Dit is mielie-, bees-, steenkool- en kragstasie- wêreld. Daarom is ons afhanklik van die landbou- en mynbousektor vir werksgeleenthede.

Die NG Gemeente Hendrina is gestig op 4 Oktober 1916.

Vir meer oor ons geskiedenis besoek gerus die volgende skakel, of kontak die kantoor vir 'n geskiedenis bundel. 

Ons is 'n Geloofsfamilie waar ons:

Aanbid

Ons bied verskeie geleenthede waar ons as gemeente in geheel of in kleiner groepe saam aanbid. Ons primêre doel  is om die Lewende Here te aanbid, verheerlik en te dien.  


Eredienste:  

Ons het elke Sondag 'n erediens in die Kerkgebou om 09h00 - saam met die Christendom vier ons weekliks die opstanding van Jesus Christus ons Hoop en Toekoms. Ons Erediens is word ingerig op modelle van die NG Kerk wat Gereformeerd in tradisie is.

Kategese & Kategese:

Ons bied elke tweede Sondag tydens die skoolkwartaal vir ons kinders tussen die onderdom van 3 en 13, Kinderkerk & Kategese aan.

Bybelstudies en kleingroepe:

Daar is weekliks twee Bybelstudies:
Boekklub Dinsdae om 09h00 by die Pastorie o.l.v. Alta Roux.
Woensdae om 10h00 by die SAVF te huis o.l.v. predikante uit die gemeenskap.

vir mekaar omgee

Ons gemeente vorm 'n liggaam, wat bestaan uit 'n diverse gemeenskap mense, elkeen met unieke gawes en talente waarmee ons die Here, mekaar en die gemeenskap wil dien.  Daarom is elke lid verantwoordbaar vir die gemeente.

Ons is 'n geloofsfamilie wat vir mekaar wil omgee.  Ons streef daarna om na mekaar om te sien, mekaar te dra en vir mekaar lief te wees.  Ons fokus om almal gasvry te ontvang en 'n gemeenskap te wees wat mekaar en ander insluit.  
Omdat ons streef om inklusief te wees, is almal by ons welkom!

ons jou nodig het

Alhoewel fondse altyd benodig word om projekte en organisasies te laat funksioneer, het ons nie net fondse nodig nie, maar hande en voete om die werk te doen.  

Jy kan by een van die volgende organisasies betrokke raak:
CMR Hendrina
SAVF tehuis Hendrina
Helpende Hand Hendrina

Kontak gerus die kerkkantoor vir meer inligting.

Nood verlig

In dankbare navolging van Jesus wil ons, ons beywer vir God se Koninkryk en die opbou en uitbou daarvan in Hendrina. Ons is graag diensbaar in ons gemeenskap.  

Ons gemeente is diep bewus van die opdrag dat ons die Evangelie moet verkondig, en deel daarvan dat ons moet fokus op barmhartigheidswerk.  Daarom is ons en ons lidmate betrokke by verskillende organisasies wat nood aanspreek.  

Ons ondersteun graag gevestigde projekte wat daargestel is om nood te verlig.  

Ons ondersteun konstant die volgende projekte d.m.v. fondse en/of betrokkenheid:
Voedingskema vir kinders by die Gekombineerde Skool Hendrina
CMR Noodvoedingsfonds.

GEBOUE EN GEDENKMUUR

Ons terrein het drie groot geboue nl. die Kerk, die Kerksaal en die Basaarsaal.
Die Kerkgebou word slegs gebruik vir eredienste, begrafnisse en troues.
Die Kerksaal (volledig toegerus) is te huur vir privaatfunkies.
Vir meer besonderhede kontak gerus die kantoor.

Ons gemeente beskik oor 'n gedenkmuur waar die as van geliefdes geplaas kan word. Enkel en dubbel nissies kan gekoop word wat 'n granietteël insluit. Vir pryse, meer inligting en vorms skakel gerus die kantoor.