ONS BELYDENIS

BELYDENISGRONDSLAG VAN DIE NG KERK FAMILIE


"Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NG Kerk) sien haarself as ‘n deel van die Christelike geloofsgemeenskap. Hierdie godsdiens het wêreldwyd versprei sedert die begin van die Christelike era aan die begin van ons jaartelling. Aanvanklik was daar net een Christelike kerk, met gemeentes verspreid in Noord-Afrika, Midde-Ooste, Asië en Wes-Europa.

In hierdie tydperk het die drie (Ekumeniese) Geloofsbelydenisse tot stand gekom, wat toe deur die kerk gebruik is om uitdrukking en inhoud te gee aan die Christelike geloof. Die NG Kerk onderskryf dan ook hierdie drie kort belydenisse oor God Drie-enig wat deur die meeste kerke wêreldwyd aanvaar word, naamlik die:

In die jaar 1054 het die Christelike kerk finaal in twee geskeur met die totstandkoming van die Oosterse Ortodokse kerk (met Konstantinopel – die huidige Istanbul – as hoofkwartier) wat van die Westerse (Katolieke) Kerk weggebreek het. Vanuit die “ou” Westerse kerk, met Rome as die hoofkwartier, het die Protestantse-kerkbeweging (Hervorming) in die 15de en 16de eeu ontwikkel. Talle Protestantse gemeentes het in die lande van Wes-Europa tot stand gekom.

In Wes-Europa het daar dus tot die 17de eeu, ‘n groot verskeidenheid van Protestantse gemeentes ontstaan waarin ‘n hele aantal (anti-Roomse) geloofsbelydenisse gefunksioneer het. Die sinode van Dordtrecht (1618-1619) was onder andere ‘n poging om hierdie Protestantse uitdrukking van die Christelike geloof te konsolideer. By hierdie sinode is die

Drie Formuliere van Enigheid aanvaar. Dit vorm ook die belydenisgrondslag van die NG Kerk, omdat dit in ooreenstemming met die Bybel is. Daarin word ons gereformeerde verstaan van die Christelike geloof geformuleer. Hierdie Formulier van Enigheid bestaan uit drie geloofsbelydenisse, naamlik:

Die NG Kerk fundeer sy leer op die Bybel. Die Bybel is die onfeilbare Woord van God. In dié Woord openbaar God Hom as Vader, Seun en Heilige Gees. Die Kerk verklaar dus haar onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan die wil van God soos dit in sy Woord geopenbaar is."


bron: http://ngkerk.net/belydenis/